Laerskool Bakenkop het Vrydagaand, na die kaskar-dag, ‘n familie hoenderbraai aangebied.
Daar was 728 hoenders, 14-op-n-braaier oopgespalk, en gebraai totdat hulle lekker bruin gebrand was.
Nagenoeg 1600 mense het die aand bygewoon.
Plaaslike sanger, Anton Botha het die musiek verskaf en die Bakies gesinne het gekuier tot die kinders poegaai was.