You are currently viewing Knelvrae

Knelvrae

Nie bedoel vir lesers jonger as 16 nie …. of is dit 13 …. of 18?

Die intelligente lesers van dié rubriek – net intelligente mense lees dié rubriek – vra wyse vrae wanneer jy hulle in die straat, soms by die kerk en meer dikwels in die polisieselle raakloop.

Ons wy dus vandeesweek se rubriek aan ‘n paar knelvrae waarop ons weet die gemeenskap geen antwoorde het nie.

Eerstens, vrae wat deur verwagtende ouers gevra word:

Behoort ek n baba te hê na 35? Nee, 35 babas is genoeg

Ek is nou twee maande swanger, wanneer sal die baba begin beweeg? As jy gelukkig is, net nadat hy uit universiteit is.

Wat is die betroubaarste wyse om ‘n baba se geslag te bepaal? Geboorte.

My vrou is vyf maande swanger en so humeurig dat dit soms aan die irrasionele grens. Wat kan ek doen? Moet jou nie teësit nie!

Die instrukteur by my voorgeboorte-klasse sê wat ek tydens geboorte sal voel, is drukking, nie pyn nie. Is dit so? Ja, en ‘n orkaan is ‘n windjie.

Is daar enige rede waarom ek by my vrou moet wees wanneer die baba gebore word? Nee, behalwe as die woord “egskeiding” vir jou enige betekenis het.

Is daar iets wat ek direk ná my kind se geboorte moet vermy? Ja, swangerskap .

Wat is die doel van ‘n eier? Dit is ‘n hen se manier om te verseker dat daar nog ‘n hoender sal wees.

Watter tipe mense hou katte aan? Mense wat ‘n ingebore behoefte het om geïgnoreer te word

Wie is Bill Gates? Hy het ‘n venster uitgevind wat nie kan oopmaak nie.

Wat is “bungee-jumping”? Dit is ‘n sport vir mense wat bang is om te val.

Watter soort mense boks? Mense wat graag wil bloed skenk, maar bang is vir die naald.

Wat is die huwelik? Dit is wat oorbly nadat selluliet en bier met julle twee klaar is.

Wat is Viagra? Dit is n land waar die inwoners staan wanneer hulle slaap.

webmaster
Author: webmaster