Liewe Kersvader, ek wil met jou praat.

Hoeveel jaar is dit nou al wat ek vir jou briefies skryf met lyste van die geskenke wat jy vir my moet bring, en elke jaar bring jy lets wat ek nie bestel het nie?

Hoeveel jaar is dit nou al wat ek vir jou briefies skryf met lyste van die geskenke wat jy vir my moet bring, en elke jaar bring ly lets wat ek nie bestel het nie?

Die laaste keer wat jy gedoen het wat ek sé, was die jaar voor ek skool toe is toe ek ‘n fiets gevra het.

Toe het jy een gebring, Maar die ding het nie lank gehou nie, so jy het ook maar lekker verneuk met die gehalte, nê!

Onthou jy die Kersfees toe ek ‘n scalectrix gevra het? Vir wat bring jy toe vir my ‘n hemp en ‘n broek? My ma kan mos vir my klere koop.

Verlede jaar was ek tegemoetkomend, maar in plaas van die biltong wat ek gevra het, gee jy my ‘n klomp sokkies! As jy weier om saam te werk, gaan ek vir die kinders vertel van jou takbokke en jou baard.

Die takbokke is mos eintlik Springbokke wie se kontrakte nie hernu is nie, en jou baard het jy laat inplant na jou operasietjie, dis moes hoekom jou “Ho, Ho, Ho” deesdae meer tenoor as bas klink. O ja, en wat van jou slee wat eintlik ‘n bakkie is wat se wiele gesteel is toe jy in Soweto gestop het om pap en vleis te koop?

En wat dink jy gaan die regering sê as hulle hoor die elfies wat die speelgoed maak, is eintlik kinders wat jy gegryp het toe hulle agter die skooltoilet gerook het? Dis teen die wet, dié kinderarbeid-storie, hoor.

Jy moet oppas, die DBV gaan jou nog voorkeer oor jy die bokke laat vlieg in plaas van loop. Hulle – die DBV-tannies – is baie befoeterd as ‘n mens diere gebruik waarvoor hulle nie gemaak is nie. Hulle het laasjaar die boere van die Marico amper hof toe gevat omdat hulle ‘n krokodil wou eet. Hulle sê ‘n mens mag nie ‘n krokodil eet nie, ‘n krokodil mag net ‘n mens eet.

Jy moet ophou om in die winkelsentrums rond te hang en om jouself op die TV laf te gedra. Doen net jou werk. Jy weet as jy nie jou werk doen nie gaan die baas jou ‘n pakket gee. né? Weet jy hoe sukkel wit Afrikaner-mans om werk te kry? Veral iemand soos jy wat nog deur skoorstene klim as ons lankal nie meer kaggels het nie, sal vreeslik sukkel in die private sektor

Ek luister anderdag na ‘n ma wat vertel hoe haar kind gehuil het toe jy een Kersfees sy oupa se fiets geleen het om die geskenke af te lewer, en ná die tyd ry jy so wragtig met oupa se fiets weg! Nou dat ek so daaraan dink: weet jy, jy’s eintlik ‘n regte ou vark!

Aangesien jy in elk geval nooit bring wat ek vra nie, gaan ek hierdie jaar vra wat ek weet jy tog nie gaan bring nie. Kersvader, bring asseblief:

1. Werk vir almal.

2. lets lekkers in die plek van hartseer en pyn

3. n Veilige wêreld vir kinders.

4. Respek vir ou mense.

5. Vrede op aarde.

En as jy dit nie bring nie, onthou, ek weet waar jy bly, jou klokswaaiende kussing-pens!

webmaster
Author: webmaster